SPORT

/  SPORTSAKE BY BLANCO

01

Laerskool Blanco is bekend vir sy sport uitnemendheid. Op en af van die veld, het ons leerders bewys hulle kan op die hoogste vlak presteer. Sportpersone met groot sportmansgees en jong leerders met ʼn wen houding- al die kern waardes van ons skool.

 

Ons drie groot boustene op sport is PASSIE, PERFEKSIE en TROTS. Ons het wêreldgehalte afrigsters wat spesialiseer in hulle afrigting gebied en hulle rig met trots af. Deelname van elke leerder is belangrik by Laerskool Blanco, vir ʼn goed gebalanseerde leefwyse vir jong Blanco leerders.

02

/ SWD VERTEENWOORDIGING
  • Atletiek (Wes-Kaap)

  • Tennis

  • Muurbal (S.A. Platteland)

  • Skaak (Wes-Kaap)

  • Gimnastiek

  • Netbal

  • Rugby

SPORT NUUS

Ywerige bergfietsryers

November 2, 2016

1/4
Please reload

kliek foto om meer te lees

kliek foto om te vergroot

Somer sport

Atletiek



Tennis



Krieket



Winter sport

Rugby



Netbal

Nie seisoenale sportsoorte

Muurbal



Gholf

 

Swem

 

Bergfiets

 

Skaak

SPORTSOORTE

Netbal

Netbal is ons passie!  Met 8 spanne in alle ouderdomsgroepe, gegradueerde,  entoesiastiese en ervare skeidsregters, is die geleenthede daar vir ons speelsters om hulself uit te lewe op die netbalbaan.  Gemotiveerde dogters verseker puik resultate en dit bring mee dat daar jaarliks 'n groot aantal 0/12- en 0/13- dogters in die SWD en selfs Wes-Kaap spanne opgeneem word.  Ons netbalspanne onderneem ook gereeld toere en heelwat toerspanne besoek ons jaarliks.

 

Tennis

Laerskool Blanco het 2 tennisbane wat gedurende die hele jaar gebruik word.  Ons eerste span bestaan uit 4 seuns en 4 dogters.  Hulle word jaarliks na groot toernooie in die streek genooi en vaar uitstekend daarin.  Die beginnersgroep word deur 'n professionele afrigter gehelp.  Oefeninge gaan voort in die winter, veral vir dié spelers wat nie aan 'n wintersport deelneem nie.

 

Muurbal

Ons is ʼn skool wat trots is op ons Muurbal. Leerders presteer op hoë vlakke en kry elke jaar SWD en selfs SA Platteland Klere. Ons skool is ingeskryf in die Hoërskool liga  waar hulle meeding met skole soos: Oakdale en Outeniqua. Ons spelers vaar baie goed in hierdie liga en eindig jaarliks tussen die top 3.

 

Atletiek

Massa deelname vind plaas op die atletiekbane. Ons bereik groot hoogtes met ons leerders, wat tot op SA Kampioenskappe deelneem. Afrigters werk hard aan  items soos hoogspring, diskus, verspring, langafstande, gewigstoot en kort  afstande.

Rugby

Ons poog om aan elke leerder wat wil rugby speel die geleentheid te bied om te ontwikkel tydens oefeninge en wedstryde.  Met 6 spanne in die plaaslike liga, is Blanco 'n rugbykrag om mee rekening te hou.

 

Puik velde, uitrusting en gekwalifiseerde afrigters en skeidsregters verseker dat Blanco jaarliks 'n groot hoeveelheid SWD en Provinsiale spelers oplewer. 

 

Gholf

Met al die pragtige gholfbane in en om George kan dit nie anders nie as om ons leerders die geleentheid te bied om aan die sport deel te neem.   Daar word aan 'n A- en B-liga deelgeneem en ons dogters kompeteer in die Dogtersliga.  Drie ligawedstryd word elke kwartaal op Vrydae- middae gespeel.

 

Krieket

Laerskool Blanco spog met  die beste krieketfasiliteite moontlik. Verder verseker top afrigters dat elke speler tot sy volle potensiaal ontwikkel.  Ons beskik oor 5 kompeterende spanne wat in die liga meeding.

Hayden Stoffels Thegan Kuyler en Chewarn