PRESTASIES EN MEER

Some elements on this page did not load. Refresh your site & try again.

1/4

D6

SCHOOL

COMMUNICATOR

NUUS

RSS Feed
Some elements on this page did not load. Refresh your site & try again.

BORGE

Graag sê ons dankie aan die volgende borge:

D6 School Communicator

Ons gebruik nou die D6 School Communicator om ouers op hoogte te hou van inligting. Vir meer informasie of om af te laai - kliek hier.

MEER OOR LAERSKOOL BLANCO

Baie welkom by die webtuiste van Laerskool Blanco, die oudste skool in George. Hierdie webwerf het ten doel om u in te lig rakende die etos, bedryf en aktiwiteite van die skool. 'n Skool waar elkeen spesiaal is.

 

Laerskool Blanco bestaan sedert 1847 wat dit een van die oudste skole in die Weskaap maak. Die ouderdom van die huidige skoolgebou  is 1881. Klasgroottes maak ruim voorsiening vir effektiewe onderrig deur bekwame opvoeders met moderne tegnologie. Baie klem word  gelê op waardesisteme met 'n Christelike inslag, respek en lojaliteit teenoor jou skool, dorp en land.

 

Die medium van onderrig is Afrikaans.

 

Tans het die skool 431 baie gelukkige leerders vanaf Graad RR tot Graad 7. By Blanco het leerders nog die geleentheid om in die somer kaalvoet skool toe te gaan, 'n tradisie eie aan ons landbougemeenskap.

 
Visie

Toekomsgerigte onderrig en leiding tot ‘n trotse, effektiewe burger van die land.

 

Missie
  • Die onderrig van toepaslike inhoud deur opgeleide, gemotiveerde opvoeders.

  • Motiverende onderrig en leiding om beste resultate te verseker binne vermoë.

  • Gebruik tegnologie gedurende onderrig.

  • Gebruik kennis van nuutste navorsing en tendense nasionaal en internasionaal om optimale onderwyservaring te verseker.

  • Ontwikkeling van sport- en kultuurvaardighede.