JOIN OUR MAILING LIST
  Join Mailing List
 
  Naam & Van
     
  E-posadres
     
  Sel nr.
  Geboortedatum
     
 
     
Vanuit die Hoof se Kantoor:
Visie en Missie Photo 2 - small

 

 

 

 

Baie welkom by die webtuiste van Laerskool Blanco, die oudste skool in George. Hierdie webwerf het ten doel om u in te lig rakende die etos, bedryf en aktiwiteite van die skool. 'n Skool waar elkeen spesiaal is.
 
Laerskool Blanco bestaan sedert 1847 wat dit een van die oudste skole in die Weskaap maak. Die ouderdom van die huidige skoolgebou (1881) noodsaak ons om slegs 25 leerders per klas, 50 per graad, toe te laat. Hierdie klasgrootte maak ruim voorsiening vir effektiewe onderrig deur bekwame opvoeders met moderne tegnologie. Baie klem word     gelê op waardesisteme met 'n Christelike inslag, respek en lojaliteit teenoor jou skool, dorp en land. Die medium van onderrig is Afrikaans.
 
Tans het die skool 294 baie gelukkige leerders vanaf Graad RR tot Graad 7. By Blanco het leerders nog die geleentheid om in die somer kaalvoet skool toe te gaan, 'n tradisie eie aan ons landbougemeenskap.
 
Laerskool Blanco is geleë in Blanco naby die bekende Fancourt Gholflandgoed aan die voet van die Outeniquaberge. GPS-kordinate is S33 54' en O22 24'.
 
Indien enige verdere inligting verlang word, kontak my gerus by 044-870 7380 of stuur 'n e-pos aan sas@blancolaer.co.za.
 
 
Sas du Plessis
Skoolhoof
Terug Terug na bo